Grewar: Kort geskiedenis

Tuis

Jongste nuus

Grewar: Kort geskiedenis
Grewar: Stamboom

Grewar: Naamstudie

Bedrywighede
Familiestaaltjies
Fotoalbum

Skakels
Kontak ons

Grewar-genealogie Suid-Afrika

Grewar Genealogy South Africa

Kort Geskiedenis van David McKenzie Grewar
Gebore 1796 te Linlithgow

DAVID MCKENZIE GREWAR is op 22:06:1796 in Linlithgow, sowat 25 km Wes van Edinburgh, in Skotland gebore. Hy is op 25:06:1796 gedoop.

Die Britse goewerneur aan die Kaap, Goewerneur Macartney, het in 1817 aan kapt. Benjamin Moodie opdrag gegee om 200 Skotse ambagsmanne in Skotland te werf en na Suid-Afrika te bring. Die skeepseienaar was glo John Murray II (my Murray-stamvader) van Kaapstad. Die juisdheid daarvan kon nog nie bevestig word nie.

Die 200 ambagsmanne is met drie skepe na Suid-Afrika vervoer. Op 04:06:1817 het die “Brilliant” in Tafelbaai aangekom, op 23:08:1817 die “Garland” en op 24:09:1817 die “Clyde”. Saam met David Grewar was sy broer John. Dit is nie seker op watter een van die drie skepe die twee broers Grewar gereis het nie.

Op 11 November 1817 het John 'n skuldbewys van 350 riksdaalders ten gunste van kapt Benjamin Moodie onderteken “vir waarde ontvang”. 'n Mens kan aanvaar dat dit moontlik sy reisgeld (passaat-koste) van Skotland na Suid-Afrika was. John het blykbaar nie daarin belang gestel om in Suid-Afrika aan te bly nie. Nadat hy 'n tyd lank in Waalstraat, Kaapstad, as kuiper gewerk het, het hy op 'n skip geklim en “na die Ooste” vertrek. Hy is waarskynlik na Australië, want in Wes-Australië is heelwat Grewars met die voornaam John. Die meeste van hulle is in die landboubedryf. ('n Paar dekades gelede was daar 'n Minister van Landbou in die Wes-Australiese parlement met die naam John Grewar. Ek het dié inligting in 'n biblioteek in Adelaide, Suid-Australië, gevind toe ek in 1981 in Adelaide gewoon het. Ek het ook met 'n John Grewar in Wes-Australië gekorrespondeer. Hy kon egter nie met sekerheid sê of sy stamvader die man is wat in 1817 in Suid-Afrika as kuiper gewerk het nie).

Op die PR-lys (“Permission te Remain”) van 30:03:1818, by nr. 2147, verskyn die naam David McKenzie Grewar. David het met 'n skip na Algoabaai vertrek en het hom op die dorpie Uitenhage gaan vestig waar hy 'n wamaker van beroep was. Sy woonadres was Cuylerstraat, Uitenhage.

David se pa, ma en broer

Igmar Grewar stuur die inligting oor "David se pa, ma en broer", gekry by Donald MacDonald Grewar (seun van Thomas 'Tommy' Patterson Grewar en Helen Christina Benn), gebore 30 Junie 1955 te Kabwe, Central, Zambië, tans woonagtig in Newport, Suid-Wallis.

James Grewar trou met Elizabeth Murray op Saterdag 11 Junie 1763 in die gemeente Glen Isla, Forfar, Skotland. John Grewar (seun van James Grewar en Elizabeth Murray) is gebore op Sondag 1 Mei 1768 in Inverherity, Glen Isla, Angus, Skotland.

John Grewar trou met Janet Grewar in Glen Isla. (John Grewar se doodskis is gemaak in Ecclesmachan en kos agt sjilling, betaal uit 'n fonds vir maandelikse bydraes vir armes, op Maandag 30 Maart 1807. John Grewar is waarskynlik begrawe in St Michaels Parish Church se kerkhof, Linlithgow).

David McKenzie Grewar, seun van John Grewar en Janet McKenzie, is gebore op Woensdag 22 Junie 1796 in Linlithgow, West Lothian, Skotland, en het gesterf tussen 1853 en 1857 en is begrawe in Uitenhage, Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Robert Grewar, seun van John Grewar en Janet Mckenzie (en broer van David McKenzie Grewar), is gebore in Linlithgow op Woensdag 9 Mei 1798 and is gedoop op Sondag 13 Mei 1798, in St Michaels Parish Church, Linlithgow, Skotland.

Lees meer oor dié deel van Skotland hier.

Dawid se huwelik en kinders

Op 01:10:1831 tree David op Uitenhage in die huwelik met Johanna Catharina Frederika Marais, dogter van Christoffel Gerhardus MARAIS en Maria Magdalena (geb. DANNHAUSER) van “Wydersrivier”, Albertinia, Distrik Swellendam. Johanna is op 23:03:1811 gebore, op 26:10:1811 gedoop en op 10:04:1874 oorlede. Die twee het 12 kinders gehad.

En hier is die nageslagte van David McKenzie Grewar en sy vrou Johanna Catharina Frederika Marais. (12k)

  1. Maria Magdalena Rosina Grewar * 22:07:1832 = 23:08:1832 + 21:04:1834 te Uitenhage
  2. JOHN CHARLES GREWAR * 23:10:1833 = 07:11:1833 + 15:10:1835 te Uitenhage
  3. Janet Gertruida Grewar * 02:08:1835 = 24:09:1835 x 15:02:1855 met Salomon Ferreira van Gamtoosrivier
  4. Maria Elizabeth Grewar * 11:05:1837 = 14:06:1837 + 20:06:1841 te Uitenhage
  5. Johanna Catharina Grewar * 10:12:1838 = 14:02:1839 + 20:06:1841 te Uitenhage
  6. CHRISTOFFEL JOHN GREWAR * 28:10:1840 = 04:12:1840 te Uitenhage + 12:08:1928 te Clocolan (?) x 24:01:1867 te Humansdorp met Johanna Dorothea LOUWRENS * 21:10:1843 + 21:12:1925 te Clocolan (?). (11k)
  7. JOHN WILLIAM GREWAR * 01:07:1842 te Cuylerstraat, Uitenhage = 14:09:1842 + 31:05:1929 x 23:06:1874 te Uitenhage met Margaret Louisa Rens * 30:01:1851 te Witteklip, Uitenhage + 14:09:1923 (11k)
  8. DAVID GREWAR (Wepener – Marquard) * 27:03:1844 te Cuylerstraat, Uitenhage + 07:07:1914 te Johannesburg x Johanna Catharina van Rooyen van Dwarsrivier, Uitenhage * 10:10:1846 + 25:03:1904 David was 'n boer in die Wepener-distrik (10 k)
  9. GEORGE FREDERIK GREWAR (Kimberley) * 18:12:1845 + 10:12:1871
  10. Johanna Catharina Frederika Grewar * 26:07:1847 te Cuylerstraat, Uitenhage = 24:10:1847 + 26:10:1848
  11. Carolina Frederika Grewar * 06:01:1850 + 1923 te Johannesburg
  12. THOMAS JONES PATERSON GREWAR * 11:08:1851 te Uitenhage = 26:10:1851 + 1930 (?) x 24:03:1875 met Maria Johanna Wilhelmina Janse van Vuuren * 12:08:1854 te Kruisrivier (13k)

Alle Grewars in Suid-Afrika wat dink dat hulle afstammelinge van een van bo-genoemde Grewars is, of selfs Grewars wat meen dat hulle van 'n ander stamboom afstam, moet my asseblief kontak.

My adresbesonderhede is: petermurray46@gmail.com. Peter Murray, Posbus 66503, Riebeeckstad, 9469. Benbowlaan 31, Riebeeckstad. Tel. (057) 388-2952 (na-ure).

(c) Peter Murray, 2005. Laas bygewerk 2014-06-21. http://www.murray.za.net/grewar/inleiding.html