Grewar-saamtrek
Peter skryf:
Die Grewars is vanjaar 190 jaar in Suid-Afrika. Hoe lyk dit, wanneer gaan ons ‘n familiesaamtrek hou waarby alle Grewars in Suid-Afrika betrek word. Indien daar belangstelling is, laat my asseblief weet. Ons kan moontlik elke 10 jaar ‘n nasionale saamtrek op ‘n sentrale plek hou, en dan tussenin elke 5 jaar of elke 2 jaar provinsiale saamtrekke.
Ek nooi alle Grewars in die land om met voorstelle te kom – waar, wanneer, hoe?
Die meeste Grewars woon deesdae in Gauteng en die Oos-Kaap, maar daar is ook ‘n beduidende getal wat wydverspreid oor die hele Suider Afrika woon, byvoorbeeld Zimbabwe, Namibië, Wes-Kaap, Natal en Limpopo. Bloemfontein is ons sentrale stad, waar voorheen heelwat Grewars gewoon het, maar waar die Grewars nou dun gesaai is.
My adresbesonderhede is: petermurray@lantic.net. Peter Murray, Posbus 66503, Riebeeckstad, 9469. Benbowlaan 31, Riebeeckstad. Tel. (057) 388-2952 (na-ure).
|