Grewar: Naamstudie

Tuis

Jongste nuus

Grewar: Kort geskiedenis
Grewar: Stamboom

Grewar: Naamstudie

Bedrywighede
Familiestaaltjies
Fotoalbum

Skakels
Kontak ons

Grewar-genealogie Suid-Afrika

Grewar Genealogy South Africa

Tartan

Grewar is nie 'n clan nie, maar word allerweë met 'n paar clans geassosieer. Die een daarvan is MacGregor (boonste foto) en die nader is Drummond (onderste foto).

Hierdie twee foto's is gescan uit: SCOTTISH TARTANS - By Alan Bold. A Pitkin Guide. (page 16 Tartan No.39). ISBN 0 85372 628 0. Die streep op die Drummond-tartan is nie deel van die ontwerp nie -- dis die vou van die bladsy.

MacGregor

Tartan van MacGregor

Drummond

Tartan van Drummond

Korrespondensie van ander

David George (George) Grewar se verslag

David George (George) Grewar van Klein-Brakrivier skryf:

In 'n artikel, getiteld "Rob Roy MacGregor, Rogue or Romantic Hero?" uitgegee deur die Clan Gregor Society wat al sedert 1822 bestaan, verskyn onderaan die volgende: "Names and Septs of Clan Gregor as recognised by the Clan Society 1983. Many other spellings exist and are recognised." 'n Volledige lys word dan gegee, waaronder die van Grewar. Teenoor die van Grewar en andere, is 'n voetnoot : "Names attributed to other clans by some authorities but common as MacGregor aliases; district of origin of family in Scotland is a useful guide, as a family tradition of Clan Gregor origins. Many MacGregors also adopted surnames of other clans as aliases in the sixteenth to eighteenth centuries but many of the names listed above are of much older origin and usage".

Na aanleiding van die laasgenoemde het ek 'n skrywe gerig aan die Voorsitter van die Raad van die Clan Gregor Society, Dr Richard MacGregor, waarin ek die beskikbare inligting ten opsigte van ons stamvader aan hom oorgedra het, en hom versoek het of hy dalk behulpsaam kan wees rakende feitelike inligting oor ons clan-verbintenis. Ek het 'n baie vriendelike skrywe daarna van hom ontvang, waarin hy onder andere die volgende sê: "Despite years of searching, I have yet to find actual evidence of the use of Grewar/McGruar as an alias. This despite the clear proximity of McGregors and Gruers in Braemar Parish." Ten spyte hiervan erken die Clan Gregor Society, soos in die vorige paragraaf aangehaal, die van Grewar as 'n alias van MacGregor. Verder sê hy "As to the derivation of Drummond - I can't see why this should be, especially since the Drummonds are from Comry area downwards, unless some ancient clan feud caused relocation." So die Drummond verbintenis lyk vanwee die gebied van oorsprong onwaarskynlik.

Die inligting wat ek aan hom oor ons stamvader gestuur het, het ek oorspronklik uit die Kwartaalblad, FAMILIA, van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika van 1986 gekry. Daarin staan in die eerste paragraaf die volgende: (In die "Parochial Register" Linlithgow [1741 - 1819] veskynd die volgende op p. 525: "JOHN GRAWER - Brewer - and Janet Mckinzie [a son] DAVID, born June 22nd 1796 [Bap. 25th]". Die GRAWER het ek aanvaar was dalk 'n spelfout of 'n moeilik leesbare deel op die ou geskrif, maar die "Brewer" kon ek nie verklaar nie. Gevolglik vind ek die inligting wat jy van Mary McLaren gekry het oor die bierbrouer konneksie, baie interessant, en is 'n mens se eerste reaksie dat die woord "Brewer" in die Register na John se beroep kon verwys het. Ek het verder ook 'n opvolgbrief van Dr MacGregor ontvang waarin hy die volgende sê: "I came across one little bit of information which I think might be of interest to you. While it doesn't prove anything, it is at least a possible lead. The McGrowthers of Glenartney, called the Brewars, were certainly regarded as part of Clan Gregor (MS notebook in John Murray's writing, Edenchip papers, Central Regional Archives). The name sounds very like McGregor, but never seems to be confused".

[Toe ek in] Junie 2000 per motor deur Skotland getoer het, en het ons ook 'n besoek aan Linlithgow, die geboortedorp van ons stamvader, gebring. Behalwe om tyd in ons stamvader se geboorteplek deur te bring, was my hoofdoel om die inligting soos in die FAMILIA vervat ten opsigte van die oorspronklike inskrywing in die"Parochial Register", te probeer bevestig. Ongelukkig kon die plaaslike Munisipale Raad aldaar my nie help nie, aangegesien hulle net gegewens vanaf 1800 het, en alles daarvoor by die "West Lothian Council, Library Headquarters" in Blackburn gehou word. 'n Baie vriendelike dame van die Linlithgow Munisipale Raad het egter 'n kontak by die "Library Headquarters" in Blackburn geskakel, wie toe 'n bladsy uit die oorspronklike "Linlithgow Old Parish Registers" aan my deurgefaks het. Daarin staan die volgende inskrywing: "John Grewar and Janet McKinzie A Son Robert born May 9th Baptized the 13th 1798". Ongelukkig was dit toe nie die bladsy wat die geboorte van ons stamvader aandui nie, maar wel dié van 'n jonger broer. Wat egter wel interessant is, is dat die van Grewar in die geval korrek aangedui is. Die moeder is aangedui as Janet McKinzie, maar aangesien die skrif nie baie duidelik is nie, kan dit ook McKenzie wees, wat sal ooreenkom met David Mckenzie.

(c) Peter Murray, 2005. Laas bygewerk 2008-01-12. http://www.murray.za.net/grewar/naam.html