Kontak die Murray-span

Tuis

Jongste nuus

Saamtrekke en renies

Murray: Kort geskiedenis
Murray: Stamboom

Murray: Naamstudie

Bedrywighede
Familiestaaltjies
Fotoalbum

Skakels
Kontak ons

www.murray.za.net

www.murray.za.net

Die kerngroep, wat die John Murray Familie van Suid-Afrika se navorsing aan die gang hou, bestaan basies uit twee persone.

Peter Murray van Riebeeckstad is die redakteur van die nuusbrief. Hy versamel ook die familienuus en algemene inligting oor die familie. Percy Murray van Ruwari, Brackenfell is die groot gees agter die opstel van die familiestamboom en word bygestaan deur Peter Murray van Riebeeckstad.

Peter konsentreer op die nageslagte van John Murray wat in 1818 in Kaapstad gebore is, en Percy konsentreer op die nageslagte van Henry Murphy Murray wat in 1832 op Stellenbosch gebore is. Die twee werk saam aan die nageslagte van die res van die familie, naamlik Robert William (gebore 1819 te Kaapstad), Samuel (gebore 1824 te Kaapstad), Hamilton (gebore 1826 te Kaapstad) en Hermanus Johannes (gebore 1837 te Bredasdorp).

Indien daar lesers is wat afstammelinge van enige van die ses Murray broers is, en wat bereid is om met die verdere navorsing te help, sal dit hoog waardeer word. Enige ander hulp van enige buitestaander is natuurlik ook welkom, maar ons doen 'n beroep op Murrays wat naby verwant is en wat hul naby-familielede goed ken, om aan ons die ontbrekende inligting te verskaf. Hoe langer daar getalm word om familiegegewens op te teken, hoe moeiliker word dit vir die nageslagte om dit in die hande te kry. Wanneer iemand sterf, dra hy/sy inligting van onskatbare waarde met hom/haar saam graf toe. En daardie inligting kan vir die nageslag vir ewig ontoeganklik wees.

Die kontakbesonderhede van die Murrays se kerngroep is:

  • Percy Murray, Posbus 1050, Durbanville, 7551.
    Tel. (021) 981-9379 (na-ure).
    E-pos: tmurray@mweb.co.za

  • Peter Murray, Posbus 66503, Riebeeckstad, 9469.
    Tel. (057) 388-2952 (na-ure).
    E-pos: petermurray46@gmail.com (nuwe adres)

(c) Peter Murray, 2005. Laas bygewerk 2012-05-23. http://www.murray.za.net/kontak.html