Murray-stamboom

Tuis

Jongste nuus

Saamtrekke en reünies

Murray: Kort geskiedenis
Murray: Stamboom

Murray: Naamstudie

Bedrywighede
Familiestaaltjies
Fotoalbum

Skakels
Kontak ons

www.murray.za.net

www.murray.za.net

John Murray-stamboom

Die stamboom, behalwe die voorwoord deur Peter, is gedagteken deur Percival L Murray, Durbanville, op 25:08:1997.

Voorwoord

Hierdie geslagsregister van die John Murray-familie in Suid-Afrika is oorspronklik deur ds Samuel Murray (b2c4d13) opgestel. Hy is bygestaan deur Peter George Murray (b2c4d13e2) en Percy Lovell Murray (b8e5d2e5). Die laaste afrondingswerk aan die oorspronklike stamboom, wat maar 8 bladsye lank was en sowat 25% die inhoud van hierdie een bevat het, is tussen 1980 en 1987 te Jeffreysbaai gedoen.

Aangesien daar gedurig nuwe geslagte gebore word, jong mense trou, bejaardes sterf, en egpare skei, sal 'n stamboom "nooit" 100% op datum gehou kan word nie.

Inligting oor veranderinge in jul gesin, of in dié van jul broers en susters, kinders en kleinkinders, sal dus waardeer word. Stuur asseblief alle inligting aan Peter Murray in die Noord-Vrystaat, of aan Percy Murray in die Wes-Kaap.

Ek (Peter) konsentreer op die nageslagte van JOHN MURRAY, wat in 1818 gebore is, en Percy konsentreer op die nageslagte van HENRY MURPHY MURRAY (John se jonger broer). Ons werk SAAM aan die res van die Murrays, met ander woorde, ROBERT WILLIAM, SAMUEL, HAMILTON en HERMANUS JOHANNES.

Percy het reeds baie moeite gedoen om die ander Murrays op te spoor. Hy het duisende telefoonoproepe na al wat 'n Murray in Suid-Afrika is, gemaak. Hy verdien 'n groot dankie vir sy harde werk.

Daardie gedeelte van die stamboom wat handel oor die nageslagte van IZAK en DINA MURRAY, is omtrent 99% op datum. Ons vra diegene wat foute en weglatings in hul deel van die stamboom opmerk om dit so spoedig moontlik aan ons te stuur.

Enigiemand wat enige inligting oor die "verlore Murrays" het, word vriendelik versoek om dit aan my of aan Percy te besorg. Byvoorbaat Dankie!

Peter G. Murray
31:10:2002

Die stamboom

Daar is twee stambome beskikbaar, naamlik 'n private stamboom (met alle besonderhede op) en 'n publieke stamboom. Op die publieke stamboom is van mense wat minder as 100 jaar gelede gebore is, slegs die name en geboorteplekke aangegee. Die private stamboom kan aan bona fides-navorsers beskikbaar gestel word.

Mense wie se name op die publieke stamboom verskyn, wat daarteen beswaar het, moet ons asseblief kontak. Mense wat toestemming wil verleen dat ons ál hul inligting op die publieke stamboom sit, moet ons ook asseblief kontak. Onthou, nie alle mense op die publieke stamboom se van is "Murray" nie.

Die noteringstelsel wat in die stamboom gebruik word, is 'n gewysigde De Villiers/Pama-stelsel, wat algemeen in Suid-Afrika gebruik word. Dit word ongelukkig egter nie juis buite Suid-Afrika gebruik nie. Ek, die webmeester, hoop om die stamboom later in GEDCOM-formaat om te skakel. As iemand weet van 'n rekenaarprogram wat versoenbare De Villiers/Pama in GEDCOM kan omskakel, sal ek graag van julle wil hoor.

Hier is 'n voorsmakie:

a     JOHN MURRAY (sakeman) * 1785 te Edinburgh (Skotland) x 20:02:1816 te Kaapstad met Martha Gysberta de Milander = 15:07:1792 te Stellenbosch (9k).
b1     Margareth Murray * 01:03:1816 te Kaapstad + 28:06:1833 te Stellenbosch = 01:03:1818 te Kaapstad (deur Rev George Hough, Angl Kerk)
b2     JOHN MURRAY (onderwyser) * 25:01:1818 te Kaapstad = 01:03:1818 te Kaapstad (deur Rev George Hough, Angl Kerk) x (datum?) met Helena Josina de Milander (sy niggie) d/v Izak Johannes de Milander * 05:04:1815 te Stellenbosch = 16:04:1815 te Stellenbosch (7k).
b3     ROBERT WILLIAM MURRAY (perdehandelaar) * 24:11:1819 te Kaapstad = 24:11:1822 te Anglikaanse Kerk, Kaapstad x 17:05:1852 te Stellenbosch met Johanna Carolina Isabella Orlandini * 22:06:1828 te Stellenbosch (10k)
b4     Mary Isabella Murray * 01:03:1822 te Kaapstad = 24:11:1822 te Kaapstad + 21:08:1899 te Caledon (ongetroud)
b5     SAMUEL MURRAY * 17:06:1824 te Kaapstad = 08:08:1824 te Kaapstad x 15:07:1850 te Victoria-Wes met Martha Jacoba Jacomina Karstens * 15:05:1833 te Zwartland = 11:08:1833 te Zwartland (7k)
b6     HAMILTON MURRAY (huurkoetseienaar) * 29:12:1826 te Kaapstad = 23:12:1832 te Stellenbosch + 13:02:1907 te Pretoria x 06:08:1855 te Kaapstad met Magdalena Anna Maria Rauch * 19:05:1832 te Kaapstad = 17:06:1832 te Kaapstad + 10:07:1906 te Waterval, Pretoria (7k)
b7     Martha Murray * 19:12:1829 te Kaapstad = 23:12:1832 te Stellenbosch.
b8     HENRY MURPHY MURRAY (grofsmid) * 03:11:1832 te Stellenbosch = 23:12:1832 te Stellenbosch + 11:10:1869 te Kaapstad x 02:02:1857 te Kaapstad met Andrina Louisa Brink * 1835 + 10:07:1873 te Kaapstad (7k)
b9     HERMANUS JOHANNES * 29:11:1837 = 18:11:1844 te Bredasdorp.

* gebore; = gedoop; x getroud; ÷ geskei; xx tweede huwelik; + dood; a aankoms; c ongeveer; k kinders; s/v seun van; d/v dogter van;

(c) Peter Murray, 2005. Laas bygewerk 2008-01-12. http://www.murray.za.net/stamboom.html